TUINROETE NUUS - Bekende en geliefde diereliefhebber in die Midbrak-omgewing, Paul Möller, was die afgelope naweek behoorlik in die hondehok.
Op verskeie sosiale platforms is Paul, ook 'n CAWS 4 PAWS-vrywilliger, altyd die eerste persoon om 'n oproep te ontvang as 'n diertjie wegraak of seergekry of in die straat losloop.
Paul het die afgelope naweek 24 uur in die Knysna Animal Welfare (CAWS)-hondehokke saam met honde gebly wat vir aanneming beskikbaar is, om geld in te samel en bewustheid vir diere in nood te skep.
Twee van Paul se slaapmaats in die hok.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'