MOSSELBAAI NUUS - 'n Beduidende aantal Danabaaiers het beswaar aangeteken teen die Mosselbaai-munisipaliteit se voorgenome geïntegreerde behuisingsontwikkeling suid van Louis Fourieweg, oos van Danabaai en wes van Heiderand.
'n Petisie met handtekeninge is deur Gert Brink op Maandag, 8 Julie aan die Mosselbaai-munisipaliteit oorhandig.
Dit strook met die munisipale openbare deelnameproses wat tydens 'n openbare vergadering vroeër in Junie van stapel gestuur is.
Lees 'n vorige artikel hier: Gemengde gevoelens oor projek
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'