MOSSELBAAI NUUS - Danabaai begin vanjaar 'n eie kuns- en naaldwerkgroep.
Die baie kreatiewe vroue het 'n behoefte geïdentifiseer om 'n groep te stig om hul belangstelling in kuns en naaldwerkprodukte te deel.
Dis 'n gratis gemeenskapsgroep wat aangebied word deur vroue wat die hand-maak-items weekliks of Saterdae, na gelang die aanvraag sal demonstreer, asook volgens 'n geskeduleerde jaarprogram.
Demonstrasies soos mosaic, kleiwerk, verftegnieke, decoupage, tatting, brei, hekel, borduur, Tokreen /Powertex, scrapbooking, naambordjies verf, stensil werk, "hot glue art" en piouter is voorgestel.
Die doel is om mekaar beter te leer ken, gesellig te verkeer, om te leer en saam te mors.
Kontak Anlerie (082 440 9235); Willa (084 485 5883) of Sunette (072 783 6715) met navrae.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'