Boonop het dit terselfdertyd gedien as 'n geleentheid om die veelvoud van moontlikhede om die natuur te bewaar by privaat huise en besighede, uit te wys.
Die Danabaai-tuine is op Vrydag, 11 Oktober, beoordeel waarna die prysuitdeling die middag by die Danabaai Kwekery gehou is. Ongeag die gure weer op Saterdag, het 'n klomp tuinliefhebbers gaan inspirasie vir hulle somertuine soek deur na die een-en- twintig inskrywings wat groot tuine, klein tuine, besighede, sypaadjies en mooi hoekies te gaan kyk.
Die drie beoordelaars, self gesoute tuinbou-kundige Thora van der Merwe, Eugene Smit en Linette Joubert, het elke inskrywing behoorlik deurgekyk voor enige punte op die lang lys van vereistes ingevul is. Die kompetisie was sterk met twee van die wentuine wat slegs een punt van mekaar verskil het.
Die wenners van die vyf kategorieë is: Elsabé Odendal (klein tuine), Henry en Pauline Cupido (groot tuine), Karin Malan (sypaadjies), Wilna Kleynhans (mooi hoekies) en Karin Malan (besigheidstuine).
Marie de Klerk, Voorsitter van die Danabaai-inwonersvereniging en die bewarea bedank die volgende persone en instansies vir hulle onderskeie rolle en bydraes: Lede van die Bewareakomitee (onder leiding van Yvonne van der Linde), die drie beoordeelaars, D'atana Frey van Danabaai Kwekery, AGRI Mosselbaai, Chas Everitt Mosselbaai, The Point Hotel Mosselbaai, LP Stout, Inside Out Body Sense, Metallic Mermaid, Home Inspirations, Rauch / Gertenbach Prokureurs, Louise Scholtz Protect en Head 2 Toe.

Danabaai het 'n natuurlike skoonheid wat tuinmaak bloot 'n plesier maak. Yvonne Murphy en haar tuinier Patrick hou hierdie groot tuin instand.