MOSSEL BAY NEWS - Pro-choice vaccine pomicy
At last month's Council meeting on 28 April, the full council unanimously supported a motion of exigency by Mayor Dirk Kotzé.
He recommended that the municipal manager, Colin Puren, implement a pro-choice policy for the Mossel Bay Municipality to specifically state that municipal employees will not be subjected to mandatory Covid-19 vaccinations.
The motion followed the recent termination of the National Covid-19 State of Disaster and the current transition to permanent regulation as mooted in the proposed National Health legislation.
"While we as a council and the Municipality support all means of Covid-19 prevention, including vaccinations, we cannot force any of our municipal employees to vaccinate. We defend the bodily integrity of the individual," Alderman Kotzé said.
Rig klagtes korrek, 24/7
Mosselbaai-munisipaliteit bedryf 'n alle-ure inbelsentrum met 36 inkomende lyne. Dit mag dus gebeur dat inwoners die 044 606 5000 nommer skakel en - na hul mening - onbehoorlik lank moet aanhou alvorens hul oproep beantwoord word.
Daar is egter verskeie opsies beskikbaar om klagtes deur te gee - skakel die alle-ure inbelsentrum by 044 606 5000, stuur 'n SMS na 44802 (50c per SMS), of rig 'n e-pos aan admin@mosselbay.gov.za
Inwoners word versoek om, in geval van nood, ook die 044 691 3722 te kontak. Hierdie is 'n Telkomlyn wat ook in geval van algemene kragonderbrekings beskikbaar is.
Tog word inwoners ook versoek om, waar moontlik, klagtes van 'n minder ernstige aard gedurende kantoorure, en verkieslik per e-pos, waar moontlik, aan te meld en te alle tye die korrekte adres te verskaf waar die probleem voorkom.
Frustrasie
Van tyd tot tyd, veral in gevalle van kragonderbrekings of ander groot probleme, beleef inwoners frustrasie wanneer die 044 606 5000 lyn geskakel word, of wanneer ander munisipale nommers met 'n 5-uitbreiding na-ure gekontak word. Munisipale kontaknommers met 'n 5-uitbreiding kan direk geskakel word, maar personeel is nie noodwendig na-ure beskikbaar om daardie op daardie uitbreidings die telefone te antwoord nie. Na-ure kan probleme of klagtes slegs op die 044 606 5000 aangemeld word.
Alle inkomende oproepe word egter deur die oproepstelsel een na die ander in 'n lus ('loop') geplaas en, soos wat 'n operateur een oproep afhandel, word die volgende inbeller deurgeskakel. Wanneer inwoners se oproep dus nie geantwoord word nie en hulle die oproep termineer en weer skakel, word daardie oproep agter in die lus geplaas, en gaan dit selfs nog langer neem om beantwoord te word.
Die munisipaliteit gebruik ook tans nie 'n spookstem om vir inbellers te sê waar op die lus hul oproepe gelys is nie, juis om inbellers koste te bespaar. Sodra die spookstem 'n oproep antwoord, word inbellers 'n fooi gehef. Daarom word gevra dat inbellers sal aanhou, oproepe sal wel beantwoord word.
Klagtes
Sou inbellers egter meen dat oproepe onbehoorlik lank neem om geantwoord te word, of dat hulle klagte nie professioneel hanteer is nie, is welkom om 'n klagte te registreer. Alle oproepe aan die oproepsentrum word op band opgeneem. Inwoners met klagtes moet asseblief net die detail verskaf ten opsigte van die datum en tyd wat ingeskakel is.
Census deadline extended for Western Cape
Mayor Kotzé said: “The Western Cape deadline for Census 2022 has been extended and residents have until 14 May to participate by completing the questionnaire.
The online questionnaire is available at https://getcounted.statssa.gov.za (data-free), allowing residents to answer the questions at a convenient time and in the safety of their homes.
"Please participate and get counted,” Mayor Kotzé urged.
The mayor said resources from the national government would be significantly impacted should the census underreport the population of the Western Cape. The population reported is a key variable in determining the budget allocations made to provincial and local governments.
“It is critical that every resident in our beautiful town is counted, as the result will inform the programmes and priorities of all spheres of government and ultimately service delivery.”
Data collection showed a marginal increase from 49% to 58%, yet the percentage lags behind, with the rest of the country’s data collection at 83.8%.
Internasionale Brandbestrydersdag gevier
Internasionale Brandbestrydersdag 2022 is op Woensdag, 4 Mei gevier. "Vandag onthou ons nie net die gevalle helde nie, maar ons erken, vier en eer die opofferings wat brandbestryders maak om te verseker dat ons gemeenskap, eiendom en omgewing so veilig as moontlik is. Ek bedank die toegewyde brandbestryders en hul ondersteuningspersoneel van die Mosselbaai Brand-, Reddings- en Rampbestuursdienste vir hul bydraes en opofferings. Dit is dié mans en vroue wat, sonder versuim, hul lewens in gevaar stel om dié van vreemdelinge te red en hulle doen dit gewillig en sonder om te skroom. Dit is dié personeel wat dikwels gevra word om die werk te doen wat ander van mag wegskram, maar wat dit met trots en sonder vooroordeel doen.
"Ek is trots om geassosieer te word met almal in die span van die Mosselbaai Brand-, Reddings- en Rampbestuursdienste. Ek huldig hul families wat hulle met ons deel ondanks hul bekommernis oor hul geliefdes se veiligheid. Ek eer en erken elk vir hul onvermoeide werk tot voordeel van ons gemeenskap," het burgemeester Dirk Kotzé gesê.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'