MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai brand- en reddingseenheid het op 10 Julie Little Einsteins Educare-kleuterskool, op Groot Brak besoek.
Dit was 'n opwindende oggend vir die kleuters en veral vir Luca Vermeulen wat op die dag ook sy vierde verjaarsdag gevier het en 'n brandweerpartytjie gehou het.
Die brandweermanne het Luca se dag spesiaal gemaak en John Imbrailo, eienaar van Pine Creek het die manne vriendelik ontvang.
Die kleuters het dit veral geniet toe die brandweersirenes op pad na die kleuterskool deur die dorp weergalm.
Skoolhoof van Little Einsteins, Isobel Vermeulen bedank die brandweermanne Ayanda Gxagxisa, Neil Noeth en JC Botha.
Ayanda Gxagxisa, Neil Noeth en JC Botha van die Mosselbaai brand- en reddingseenheid.
Die kleuters staan by die brandweerwa.
Luca Vermeulen leer om met 'n brandweerslang te spuit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'