MOSSELBAAI NUUS - ‘n Ongelukstoneel in Georgeweg naby Santosstrand waartydens ‘n 34-jarige man van Mosselbaai oorlede is, is omstreeks 20:30 vanaand,12 Januarie opgeruim.
Volgens inligting verskaf deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het die botsing omstreeks 18:30 tussen ‘n bakkie en ‘n motorfiets plaasgevind.
Die oorsaak van die botsing word tans ondersoek. ‘n Dossier van strafbare manslag is by die Mosselbaai-polisiestasie geopen na aanleiding van die 34-jarige motorfietsryer se dood.
Die oorledene se identiteit is aan die Mossel Bay Advertiser bekend, maar word weerhou totdat al sy familielede in kennis gestel is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'