Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Mosselbaaier, Awie Dreyer het op Dinsdag, 17 Desember 'n noue ontkoming gehad toe 'n motorboot wat hy en 'n vriend by die rivier op Groot Brak vir 'n toetsrit geneem het, aan die brand geslaan het.
Dreyer was in die middel van die rivier toe die boot skielik krag verloor en aan die brand geslaan het.
Hy en sy vriend het van die boot afgespring en na die oewer van die rivier geswem vanwaar hulle die brandweer ontbied het.
Sterk wind het die boot egter na die kant van die rivier gewaai waarna die beboste gebied aan die oewer vlam gevat het en 'n veldbrand ontstaan het.
Gelukkig was brandbestryders reeds op die toneel en kon die vlamme geblus word.
Dreyer sê hy weet nog nie hoekom die boot vlamgevat het nie.
Lees 'n vorige artikel: Boot slaan aan brand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'