Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Weens die Covid-19-inperkings het die Eden Photographic Society (EPS) hul Augustus-byeenkoms weer virtueel aangebied.
September se beoordeling sal ook virtueel wees en daar sal ook nie gedurende September 'n fotografie-aand by die Diaz Strand Hotel wees nie.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings. Augustus se voorgeskrewe onderwerp was Forgotten Objects.
Die algehele wenfoto van Augustus
- Groep B-wenner: Gerda Fouché se Weeping Rose - visuele kuns.
- Groep A-wenner: Anton la Grange se Have to get out of here - natuur.
Certificate of Merit
- Natuur - Anton la Grange se Have to get out of here.
- Fotojoernalistiek - Anton la Grange se A slow market day.
- Natuur - Pierre Jordaan se Bruinslangarend in vlug.
- Visuele kuns - Gerda Fouché se Weeping Rose.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub, kontak Michael van Schalkwyk (082 953 7671).
Fotogalery: Augustus-maand se wenfoto's
Lesers kan ook gerus na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Gerda Fouché se Weeping Rose (visuele kuns) was die algehele wenfoto in die groep B-afdeling vir Augustus.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'