MOSSELBAAI NUUS - Mooneystraat, waar een van Mosselbaai se geliefde gemeenskapsleiers en ook munisipale raadslid, Niklaas Booisen woon, was weer in rep en roer verlede week toe hy sy jaarlikse Kerspartytjie vir kinders van die omgewing aangebied het.
Booisen, wat ook onlangs weer tot voorsitter van die DA-koukus in die munisipale raad verkies is, het hierdie feestelike Kersfeesviering vir die 15de keer aangebied.
Kinders het al vroeg kom nader staan verlede week Woensdag, 14 Desember om hulle Kersfeespakkie en lekkernye in ontvangs te neem.
"Ek is dankbaar dat die Here my steeds seën om kinderharte te kan verbly."
Niklaas Booisen (derde van regs) saam met vrywilligers voor sy huis tydens die Kerspartytjie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'