Video
MOSSELBAAI NUUS - Raadslid Marie de Klerk, wyksraadslid vir wyk 11, het 'n behoefte gesien vir inentings in Danabaai aangesien baie van die inwoners logistieke probleme ondervind om by die onderskeie inentingslokale uit te kom.
De Klerk het toe gereël dat daar Maandag, 19 Julie 'n eenmalige Covid-19-inentingsveldtog op Danabaai gehou word.
Meer as 100 plaaslike inwoners ouer as 50 jaar het reeds van vroegoggend af by die Danabaai-kliniek en die gemeenskapsaal vir hul inentings byeengekom.
Uit 'n totaal van 180 inentings wat beskikbaar was, is 148 van die inwoners ingeënt.
Na 'n misverstand aangaande die lokaal is almal ingelig dat die inentings by die Danabaai-gemeenskapsaal gaan plaasvind. Suster Shanneil Busch het toegesien dat inwoners die nodige Covid-19-protokol handhaaf terwyl hulle geduldig gewag het om hul inentings te ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'