MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai ondersoek 'n saak van moord en poging tot moord na 'n skiet voorval gisteraand, op Vrydag 6 Augustus op twee buitelandse burgers in KwaNonqaba.
Volgens die polisie het die voorval in Mayixhalestraat by 'n winkel wat deur die slagoffers bedryf word plaasgevind.
Die polisie het kort na die voorval 'n voertuig op die N2 agterna gesit en een verdagte is in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'