TUINROETE NUUS - Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan die Tuinroete sal op 27 Julie hul inentings teen Covid-19 ontvang.
Dit volg nadat die polisie, sekuriteitswerkers en die weermag sedert 5 Julie ingeënt kon word.
Suid-Kaap polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie sê hoewel polisiebeamptes van Mosselbaai die afgelope week hul inentings kon ontvang, is die datum vir later vandeesmaand uitgestel.
Alle polisiebeamptes wat teen dan nog nie ingeënt is nie, sal dit by die Eden-polisiesonekantoor in George ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'