Advertorial
BESIGHEIDS NUUS - Vanjaar is vir Diedericks Prokureurs in Da Nova behoorlik 'n feesjaar. Dié firma, wat spog met gesamentlike regservaring van 82 jaar onder die vier prokureurs tans in die praktyk, is vanjaar 20 jaar oud.
Fanie Diedericks, destyds regsadviseur by Mossgas het in 1995 in Mosselbaai by Erasmus en Moolman Prokureurs ingeskakel. Met die draai van die eeu, in 1999 maak hy sy eie praktyk oop. In 2003 koop hy Erasmus en Moolman uit, waarna Niel Moolman by hom aansluit. Yolande van der Berg en Maxine Edwards het onderskeidelik in 2015 en 2017 by die praktyk aangesluit.
Volgens Fanie Diedericks, werk kollegas by hulle firma skouer aan skouer, sonder 'n bewustheid van titels en status. "Ons is daarop ingestel om 'n persoonlike verhouding met ons kliënte te hê, juis sodat ons met trots verantwoordelikheid kan neem vir die etiese diens wat ons lewer en dít wat met integriteit aangebied word."
Die firma spesialiseer in onder meer boedels, testamente, egskeidings asook eiendomsoordragte. Fanie Diedericks en Maxine Edwards hanteer ook siviele aksies en skuldinvordering en arbeidsreg. Oor die jare het Diedericks, wat internasionaal op die gebied studeer het, op 'n gereelde basis kliënte suksesvol in die hof verteenwoordig in dronkbestuursake.
Deur die loop van die jaar bied die firma hulle dienste gratis aan in die opstel van testamente, en nie net gedurende Nasionale Testamenteweek soos dit gebruiklik in die algemeen gedoen word nie.
Die firma ploeg jarelank al terug in die gemeenskap en dien deur middel van hulle regsvaardighede. "Ons doen sedert 2000 eiendomsoordragte op lae koste behuising teen 'n drasties verminderde prys wat soms skaars die papierkoste dek."
Ontmoet hierdie bekwame regspan by Da Gamastraat 62, kontak hulle by 044 690 3325 of stuur e-pos na sjd@diedericksinc.co.za. 'n Na-uurse noodnommer is ook beskikbaar by 082 788 1205.
Ontmoet die gekonfyte span van Diedericks Prokureurs wat vanjaar hulle 20ste bestaansjaar vier (van links) Maxine Edwards, Chrizelda Korkee, Esmare de Nobrega, Fanie Diedericks, Anri Vermeulen, Nadia Venter en Yolande van der Berg.
Niel Moolman.