MOSSELBAAI SAKE NUUS - Lizette Muller het haar skoonheidsalon, ‘n Bietjie Pamperlang, in Februarie 2014 op kleinskaal begin. Die spesiale wyse waarop kliënte hier vertroetel is het egter daartoe gelei dat Pamperlang vandag ‘n salon is waar vier spesialiste onder een dak hul passies en talente kan uitleef.
Lizette, ‘n boorling van die Karoo is reeds twaalf jaar ‘n Hartenbos inwoner en sy is n gekwalifiseerde naeltegnikus. Haar liefde om ‘n kliënt se naels te omtower is landswyd bekend. Volgens Madelein Bailey, ‘n kliënt van Gauteng, is Pamperlang haar eerste stop as sy vir haar Moeder wat hier woon, kom kuier.
Marike Du Toit is ‘n skoonheidsterapeut wat van Gauteng af kom en geniet dit om “facials” te doen.
Salome Ruiters is ‘n gebore Mosselbaaier met meer as tien jaar se ondervinding om hare te sny en kleur. Sy word bygestaan deur Sheree-Lee Matthysen wat ook baie ervaring het en baie daarvan hou om “up-styles” vir formele funksies, kompetisies en foto geleenthede te doen.
Tydens seisoentyd word plaaslike kliënte vroegogggend en laat middag geakkomodeer en pryse word nie in die seisoen verhoog nie.
‘n Bietjie Pamperlang is ‘n unieke salon – ‘n plek waar pret en vertroeteling hand aan hand gaan, ‘n plek waar mense graag luister na mekaar en as daar raad gesoek word – dit oordeelkundig gegee word, waar daar saam gelag, gehuil en ook gebid word!
Die vier dames van ‘n Bietjie Pamperlang gee alle dank en eer aan die Hemelse Vader vir Sy genade om deur hul onderskeie passies en talente ‘n verskil aan mense se lewens te kan maak.
Hare word uitgeblaas deur Salome Ruiters.
Marike Du Toit besig met 'n 'facial'.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'