Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - AfriForum hou jaarliks 'n aantal Veg- en Bou-weke. Hierdie geleenthede word aangebied in dorpe wat as ankerdorpe vir die behoud van Afrikaner-kultuur geïdentifiseer is. Mosselbaai en omstreke is as so 'n ankergemeenskap geïdentifiseer.
Daarom hou die Mosselbaai-tak vanaf 25 – 30 April, 'n Veg- en Bou-week, met die fokus op veral "bou".
Opening
"Ons skop Maandag, 25 April af met 'n ligte ontbyt vir 'n aantal genooide gaste by die Bahia Bleu restaurant. Tydens hierdie geleentheid sal Ernst Roets, AfriForum se hoof van beplanning en aksie, as die gasspreker optree," vertel die takvoorsitter, Louis Cook.
Veiligheid
Op Dinsdagoggend, 26 April, kom Mosselbaaise skole aan die beurt wanneer 'n teenboelie-aksie geloods word.
"AfriForum doen ook twee gratis veiligheidoudits by twee van ons plaaslike skole. Die resultate hiervan word dan met die skole bespreek en die oudits word aan hulle oorgedra."
Dinsdagmiddag vanaf 14:00 tot 18:00, word 'n gratis veiligheidseminaar in die ATKV-ouditorium, Hartenbos Seefront aangebied. "Ons gasprekers, wat ook aan 'n paneelbespreking aan die einde van die seminaar sal deelneem, is dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, dr Theo de Jager, uitvoerende direkteur van SAAI, genl Roland de Vries en Raymond Hohls van AfriForum-gemeenskapsveiligheid. Die program sluit af met 'n ligte ete."
Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van die nuut gestigte Kaapse Forum is ook nou deel van die program en sal aan 'n gesprek oor streeksoutonomie deelneem.
Pret op Vryheidsdag
Op Woensdag, 27 April vind daar verskeie sportaktiwiteite in samewerking met Bahia Bleu restaurant en Klipheuwel Trail Park plaas.
"Dit sluit in 'n pret stap, draf of kruip vanaf Hartenbos Seefront, seelangs tot by Klein-Brakrivier. Honde is welkom," nooi Cook.
Besprekings kan gedoen word hier of die oggend by die beginpunt. Klein-Brakrivier se blouvlagstrand dien vanaf 08:30 as venue vir 'n pretdag vir skoliere wat in drie verskillende ouderdomsgroepe, een vir laerskole en twee vir hoërskole aan speletjies sal kan deelneem.
Daar is raakrugby vir die seuns, vlugbal vir die meisies asook flags en toutrek wat aangebied sal word. Terwyl hierdie strandspele aan die gang is vind die eerste bergfiets-aflosren in die Suid-Kaap by Klipheuwel Trail Park, Klein-Brakrivier plaas."
Wat as 'n aflos vir kinders, in drie ouderdomsgroepe beplan was, het ontwikkel om ook familiespanne te akkommodeer en spanbougeleenthede vir besighede in te sluit."
Bespreek aanlyn of die oggend by die venue.
Outonomie
Donderdag, 28 April vanaf 14:00 tot 18:00 word 'n seminaar oor streeksoutonomie en ekonomiese selfstandigheid vir die Suid-Kaap in die Pero Dias-konferensiesentrum by die Diaz Hotel aangebied.
Uitstekende kundige sprekers neem aan hierdie geleentheid deel, onder meer Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van die nuut gestigte Kaapse Forum wat as spreker sal optree. Saam met hom agter die podium is Flip Buys, prof Koos Malan en Morné Mostert wat die gesprek sal aflsuit met 'n groepbespreking oor die pad vorentoe.
Hierop volg 'n gesprek oor ekonomiese selfstandigheid vir die Suid-Kaap waar Dirk Kotzé en drs Theo De Jager en Willie Cilliers referate sal lewer, Dit word ook met 'n paneelbespreking afgesluit.
"Koop betyds u kaartjie of bespreek 'n tafel vir u kliënte om hierdie insiggewende geleentheid by te woon," nooi Cook.
Fokus op jeug
Vrydagoggend, 29 April gesels AfriForum en Solidariteit Helpende Hand met die munisipale raad en direkteure oor die doel en funksies van hierdie organisasies en hul optredes in Mosselbaai. Daarna ontvang AfriForum en Helpende Hand 'n begeleide toer deur die gesamentlike beheersentrum (JOC).
"AfriForum beoog dat ons plaaswag se kamerastelsels reeds teen daardie tyd opgekoppel sal wees."
Vrydagmiddag vanaf 15:00 tot 18:00 word gewy aan wat die Solidariteit-beweging doen om die jeug in Afrikaans te bemagtig. Vir hierdie geleentheid sal Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding, Helpende Hand, AfriForum Jeug, Solidariteit Helpende Hand Studiefonds, Solidariteit Skole Ondersteuningsentrum en S-Leer kort referate lewer oor hoe hulle die jeug behulpsaam kan wees.
Hierdie is 'n uitstekende geleentheid vir die skole, senior leerders, kerkgenootskappe en ouers. Boonop is dit gratis.
Buitelugpret
Saterdag, 30 April om 08:00 vind daar twee aktiwiteite by Klipheuwel Trail Park in samewerking met Bahia Bleu restaurant plaas. Vir die drawwers is daar verskeie roetes deur die koejawelboord en op die 4X4 roetes wag 'n uitdaging vir die bergfiets-entoesiaste. Besprekings kan aanlyn gedoen word hier of die die oggend by die venue.
"Hou asseblief die sosiale media dop waar die detail van die onderskeie aktiwiteite adverteer sal word. AfriForum se Mosselbaai-tak nooi die Mosselbaaiers uit om betrokke te raak by ons week, dit is oop vir almal," beklemtoon Cook ten slotte.
Om vir die aktiwiteite te bespreek kan Joy by 072 515 2544 of mosselbaai@afriforumtak.co.za gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'