Hermann Strydom, voorsitter Benevolent Park bestuur:
Die bestuur en inwoners van Benevolent Park werk voortdurend aan die oorlewingsstrategie van dié edele instansie. Om 'n groot skip soos hierdie, wat amper gesink het, te red en dan om te draai, is 'n enorme maar opwindende taak.
Daar is reeds in rekordtyd baie vordering gemaak. By 'n onlangse ontmoeting het die inwoners en werknemers bykans eenparig hulle dank betuig vir die vordering wat reeds gemaak is. Hulle het duidelik te kenne gegee dat hulle opgewonde is oor die komende seisoen van verandering.
Buiten die finansiële uitdagings, geniet die veiligheid van die oord en inwoners, die hoogste prioriteit.
Daar was oor die afgelope maande verskeie insidente van diefstal en selfs meer onlangs 'n insident van aanranding van 'n bejaarde.
Die bestuur is op grondvlak betrokke en vra die sakelui in Mosselbaai om ons te help met die herstel van die elektriese heining. Meneer William Sam werk aan verskeie fondsinsamelinsgprojekte met die elektriese heining as eerste prioriteit. Ons nooi onder andere elke sekuriteitsmaatskappy om 'n hand van vriendskap en samewerking na ons uit te reik.