Noelle Jacobs, Aslapark:
Ek wil net graag baie dankie sê aan die hardwerkende spanne van die Mosselbaai-munisipaliteit asook raadslid Niklaas Booisen en Ashlene Pretorius vir hulle behulpsaamheid met 'n straatlig in Belustraat, Aslapark, wat vir 'n paar dae af was.
Mosselbaai-munisipaliteit, julle het weer eens gewys julle is daar vir die gemeenskap. Julle was tops.
Mosselbaai-munisipaliteit vra:
Meld vandalisme, diefstal en beskadiging van munisipale infrastruktuur onverwyld aan. Gebruik die volgende amptelike kanale om diensleweringsklagtes aan te meld:
Skakel: 044 606 5000, SMS: 44802, E-pos: admin@mosselbay.gov.za
Laai die Collab Citizen-app af.