RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse o. 12 Interprovinsiale Rugbytoernooi het Donderdag by Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal afgeskop, met die land se belowendste jong rugbyspelers wat kragte meet.
Die spanne wat vanjaar deelneem, sluit in twee spanne van Namibië, asook Boland, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Grens en Suidwes-Distrik (SWD).
Die spelers het reeds by Oakdale se koshuis ingetrek en word elk deur hul eie spanbestuurder begelei.
Die toernooi is nie net ’n sportiewe hoogtepunt op die plaaslike kalender nie, maar ook ’n belangrike geleentheid vir jong spelers.
Keurders hou die aksie fyn dop met die oog op seleksies vir die gesogte Cravenweek en ander hoërskoolvlakspanne.
Volgens die organiseerders is die toernooi daarop gemik om jong talent ’n platform te gee en die rugbytradisie van uitnemendheid verder te bou.
“Vir baie van hierdie spelers is dit die eerste tree na groter rugbydrome,” is die boodskap van die afrigters.
Met die toernooi wat nog die hele naweek voortduur, kan Riversdal en omliggende gemeenskappe uitsien na opwindende wedstryde en groot rugbygees.
Video
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’