Heila Grebe, Danabaai:
Ek wil baie graag my opregte dank gee aan Life Bay View Hospitaal-buitepasiënte se dokters en personeel, asook die portiere.
Ek het uitstekende diens daar op 20 Februarie ontvang, wat my op my gemak laat voel het.
Dankie ook vir die behandeling nadat ek myself byna katswink geval het by my huis.
Ek wil ook baie, baie dankie sê aan Attie en sy gade van Danabaai-buurtwag, wat my blitsig by die hospitaal besorg het en by my gebly het totdat ek ontslaan was.
'n Duisend dankies. Die Danabaai-buurtwag lede doen uitstekende werk vir ons inwoners wat alleen woon. Ek waardeer julle opreg. Sterkte met jul uitstekende diens.