Joy Cook van Mosselbaai skryf:
Na aanleiding van Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaaptad, se brief in die Advertiser (Vrydag, 11 April) waarin hy die burgemeester, Dirk Kotzé, en die inwoners vir die mooie dorp van Mosselbaai bedank, sal ek ook graag my dankbaarheid wil betuig teenoor die Mosselbaai-munisipaliteit en sy mense.
Ons is lankal inwoners van Mosselbaai en het gesien hoe die dorp groei, en alhoewel daar baie druk op ons dorp is met die semigrasie, het alles tot dusver goed en glad verloop.
Op alle terreine in die wêreld is daar soms foute, maar, Mosselbaai, ten spyte van 'n paar foute, kan ons inwoners werklik dankbaar vir ons munisipaliteit wees.
Graag wil ek 'n lansie breek vir Henra: Alhoewel die verkeer soms inwoners se geduld en ergernis toets, is die werksaamhede, hoeveelheid werksgeleenthede, veral die netheid, 'n wonderlike ervaring in die sin dat daar geen slaggate en vullis soos leë bottels en kossakkies rondlê nie, as in ag geneem word hoeveel mense wel tydens die tyd op die paaie werk. Baie dankie en geluk met die netjiese werk.