MOSSELBAAI NUUS - Kunstenaars wat vandag vir die eerste keer by die Diasfees optree sluit in die immergroen Juanita Du Plessis, Dewald Wasserfall, Ricus Nel, Rooies, Ivan Roux en Die Heuwels Fantasties wat Snotkop op die program vervang.
Kry sommer vroeg jou sitplek by die Santos feesarena vir uitstekende vermaak. Die program begin reeds 11:00 met die room van plaaslike talent, asook etlike internasionale sang- en dansgroepe wat optree.
Toegang is gratis. Programme is gratis by die ingangshekke beskikbaar.
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'