Bakkie rol buite Mosselbaai

Foto: Dave van der Merwe

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Sover bekend is een persoon met geringe beserings om ongeveer 17:00 vanmiddag per ambulans na 'n plaaslike hospitaal in Mosselbaai afgevoer nadat 'n bakkie die pad verlaat het.
 
Die ongeluk het buite Mosselbaai, op die Oudtshoorn-pad gebeur.

Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Die voertuig was in die rigting van Brandwag onderweg toe die voorval plaasvind.

'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser