SUID-KAAP NUUS - Die derde Suid-Kaap winterhengelliga-kompetisie wat die naweek van 11 en
12 Augustus in die area tussen Witsand en Stormsrivier plaasgevind het, is deur die span van Outeniqua Clutchcables (114,89 punte) van George gewen.
Rigard Lesch (48.43) van George was die tophengelaar van die dag met Luan Els van Triton-hengelklub in Mosselbaai met 7,23 punte, die top o/21 junior van die dag en Kallie Erasmus van Knysna-hengelklub met 4,77 punte, die topmeester. Die vrouewenner was Marriëtte Westraadt (2,15 punte) van Stilbaai-hengelklub.
Die grootste eetbarevis, 'n galjoen van 3,73kg, is deur Stefan van Huyssteen van Stilbaai-hengelklub gevang terwyl Rigard Lesch die swaarste oneetbare vis, 'n gespikkelde sloephaai van 24,29kg, ingeweeg het.
'n Totaal van 70 hengelaars het aan die kompetisie deelgeneem. Die totale massa vis wat gedurende die kompetisie gevang is was 331,77kg wat bestaan het uit 49 oneetbare- en 28 eetbare vis.
Al die vis is lewendig teruggegooi.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'