MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Advertiser-vryskutfotograaf, Grey Stopforth het vroegskemer op Maandag, 17 Januarie 'n vakansieganger van Kuruman, slegs bekend as Francois (bynaam, Spyker) se gespook langs die viswaters gade geslaan.
Die hengelaar het ongeveer 18:00 'n byt aan sy lyn gevoel en sowat 'n uur en 20 minute later 'n lekker groot pylstert uit die water gehaal.
"Ek het verskeie videos gemaak, maar daardie vangs wou net nie bes gee en uit die water kom nie," vertel Stopforth.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'