Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sedert Maandag, 14 Februarie word die nasionale kushengelkompetisie in die Mosselbaai-omgewing aangebied.
Hengelspanne van regoor die land ding tans teen mekaar mee.
Gister 17 Februarie hengel die manne vanaf Groot-Brakrivier se mond tot net verby Hartenbosriviermond.
Volgens die hengelaars het ‘n paar mooi visse vroeër die week uitgekom, maar vandag was dit meestal sandhaaie en ‘n hamerkophaai aan die hoek.
Die gety is egter besig om te stoot en die hengelaars hoop dus vir beter vangste later.
Vandag, 18 Februarie hengel hulle op Boggonmsbaai. Die hengelaars vang tussen 07:00 en 16:00, waartydens hulle vangste gemeet word en dan in die see teruggeplaas word.
Die Boland-span se afrigters is twee vroue wat die manne op hul tone hou. Volgens hulle, is dit die eerste keer dat vroue die mansspan bestuur.
FOTOGALERY: Nasionale kushengelkompetisie lok hengelaars
Christelle Oosthuizen, afrigter en self ‘n Protea-hengelaar meen dat hulle span goed vaar. Met een dag se hengel oor, gaan die manne hul bes probeer om die kompetisie te wen.
VIDEO: Nasionale kushengelkompetisie word plaaslik gehou
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'