MOSSELBAAI NUUS - 42 bote en 162 hengelaars het vroeg gisteroggend weggespring om aan die jaarlikse Kabeljou Derby in Mosselbaai se waters deel te neem.
Die vangste was egter baie swak en slegs 5 kabeljoue is teen die middag ingeweeg.
Mosselbaaier Hannes Marais op die boot My Loki, was die gelukkige hengelaar wat met sy kabeljou van 17.25kg, die R30 000.00 eerste prys ontvang het.
Tweede was Brett Wian van Sedgefield op "Must Bite" wat R15 000.00 gewen.
Alhoewel die kabeljoue nie wou byt nie, is baie rooi vis gevang en het al die deelnemers nogtans 'n heerlike dag op die see geniet.
Die Kabeljou Derby is in Mosselbaai gehou.
Die organiseerders wil graag al die borge bedank wat gehelp het om van die 2017 Kabeljou Derby n sukses te maak.
Baie rooi vis is gevang.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'