MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-hengelklub bied op Saterdag, 12 Oktober 'n galjoenkompetisie aan in die area vanaf die Gouriqahek tot by die Knysna-koppe.
Die kompetisie begin om 06:00 en duur tot 16:00 wanneer die skale sluit. Die inweegplek in by die IPA-saal in Heiderand op Mosselbaai.
Die inskrywingsfooi is R60 per deelnemer. Talle pryse is op die spel vir onder meer die beste vrouehengelaar (R500 kontant), beste junior (R500 kontant), grootste eetbare vis (pryse ter waarde van R1 500) asook vir die beste man (pryse ter waarde van R10 000), tweede beste (pryse ter waarde van R5 000) en derde beste (pryse ter waarde van R2 500).
Vir navrae kontak Jacques Pace (082 303 1352), Blackie Swart (082 565 4860) of Len Alkers (062 095 2805).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'