EDEN SPORTNUUS - Hengelaars van Mosselbaai, Stilbaai, George en Knysna het aan die nasionale B-liga ontwikkeling- en hengelkampioenskappe deelgeneem en met die goue medalje weggestap.
Die kampioenskappe het van 18-22 Maart langs die Suid-Kaapse kus plaasgevind. Nege provinsies het deelgeneem.
Die top hengelaar van die toernooi van die was Alex Schmidt van Eden. Schmidt en André Grundling van Eden is ook verkies tot die presidentspan in die B-afdeling.
Die top hengelaar van die ontwikkelingspan was John May, ook van Eden. Hy is ook opgeneem is in die ontwikkelingspresidentspan. Die ontwikkelingspan het daarin geslaag om 'n bronsmedalje te verower.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'