TUINROETE NUUS - Alhoewel die Eden-swemkampioenskappe, wat by die NA Smit-swembad in Oudtshoorn plaasgevind het, goed deur toeskouers bygewoon is, kon slegs diegene wat bewys van inenting teen Covid-19 toon, toegang by die hekke kry.
Volgens Lluwellyn Coetzee, president van Wes-Kaap Swem, het sowat 109 swemmers van Plettenbergbaai, Mosselbaai, Knysna, George en Beaufort-Wes deelgeneem.
"Ons is natuurlik baie tevrede met ons swemmers se algemene vertonings, maar bygesê is ons bietjie bekommerd oor die impak van die Omikron-variant en monitor ons die situasie voortdurend.
"Daar was ook probleme met die kwaliteit van die water en ons vertrou dat die munisipaliteit dit dringend sal aanspreek," het Coetzee gesê.
Die interdistrikswembyeenkoms op 15 Januarie 2022 is die volgende gala by NA Smit-swembad wanneer die metro's van Buffalo City, Kaapstad, Gqeberha en Eden mekaar sal pak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'