MOSSELBAAI SPORT NUUS - Chanel Shaw, 'n leerder van Hoërskool Punt het as deel van die Eden/Suid-Kaapspan aan die onlangse SA Longboarding Surfing Championships by Cape St Francis gaan deelneem.
Dit was Chanel se tweede keer as lid van die span wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het.
Nog 'n Punt-leerder, Janru van den Berg, was ook deel van die Eden-span vir o/18-seuns. Hy het goed gevaar om in die top 12 te eindig uit 'n groot groep deelnemers.
Na die uitdunrondes wat in digte mis en groot golwe plaasgevind het, het Chanel deurgedring na die o/16-finaal.
Die finaal is met 'n dag uitgestel sodat die toestande vir deelname kon verbeter. Daar was vyf deelnemers in die o/16-finaal en dit het harde werk geverg om die golwe aan te durf.
Tydens die prysuitdeling was die Eden-span verras met 'n paar van hul spanlede wat op die podium geëindig het. Chanel het tweede geëindig algeheel met die Eden-span wat 'n vierde plek behaal met.
Tydens die kompetisie was daar ook 'n deelnemer uit Frankryk. Die byeenkoms is regstreeks uitgesaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'