MOSSELBAAI NUUS - Vanjaar se All Saints CMS-hengelkompetisie vind op 5 en 6 Oktober plaas. Inskrywings sal oop wees vanaf 5 Oktober om 15:00 tot 18:00 by die Caltex-diensstasie in D'Almeida.
Inweeg is die Saterdag by die korrektiewe dienste se lapa. Die skaal sluit stiptelik om 16:00. Die koste is R60 en verversings sal bedien word by die inweeg.
Daar is 'n verskeidenheid pryse wat insluit visstokke, gereedskap en katrolle.
Vir verdere navrae kontak Eddie (082 562 2425), James (073 940 9886) of Quinton (083 493 8333).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'