MOSSELBAAI TENNIS NUUS - Hartenbos-tennisklub bied weer hul gebruiklike einde van die jaar tennistoernooie aan.'n Snoepie en lekker pannekoek sal tydens die toernooie beskikbaar wees.
Goeie pryse is ook op die spel. Vooraf inskrywings kan voorf by Anette Ferreira (083 426 6062) gedoen word of op die oggend van die betrokke toernooi.
Die toernooidatums is as volg:
- 19 Desember - sosialetoernooi - kostes R60 per inskrywing
- 23 Desember - liga/spanspelers - kostes R100 per inskrywing
Toernooie begin om 08:00.
Alle belangstellendes word uitgenooi om 'n lekker dag se tennis te kom geniet en so ook nuwe vriendskappe te smee.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'