MOSSELBAAI TENNIS NUUS - Terwyl duisende sportlui gedurende die feesseisoen 'n blaaskans geneem het, het 'n groep tennisspelers hul spelvernuf bevorder.
Met die vergunning van Mosselbaai-tennisklub het die groep tennisspelers, bestaande uit beginners, intermediêre en meer gevorderde spelers van Maandag, 31 Desember tot Dinsdag, 1 Januarie 'n tennistoernooi en -oefenkamp bygewoon.
Die sessie is aangebied deur Katie Müller en Margaretha Swanepoel, beide vlak vier professionele afrigters.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'