Video
TENNISNUUS EN VIDEO - Twee spelers van die Hartenbos Tennisklub is gekies om aan die Meesters Wêreldbyeenkoms gedurende Augustus in Lissabon, Portugal, deel te neem.
Rika de Bruyn en Christine van Coller, wat ook die kaptein is, is die twee lede, wat die Eden-distrik by dié byeenkoms sal verteenwoordig. Michelle Whitehead en Annette Steenkamp van onderskeidelik Kaapstad en Boksburg, voltooi die span van vier lede.
Van Coller het al verskeie kere die voorreg gehad om by dié toernooi in aksie te wees, maar vir De Bruyn is dit 'n eerste.
"Ek het drie jaar gelede weer begin tennis speel, nadat ek vir 16 jaar opgehou het weens 'n skouerbesering. Die skouer is so twee jaar gelede suksesvol geopereer en dit het my gemotiveer om weer mededingend te begin speel," het De Bruyn gesê.
Christine vertel dat dit vir haar 'n wonderlike voorreg is om aan die toernooie deel te neem. "Elke keer as ek hoor ek is gekies, kry ek hoendervel. Elke keer dink ek dis my laaste jaar omdat 'n mens ouer word, jy kry beserings en ander spelers raak sterker. So, elke keer as ek gekies word, gryp ek die geleentheid aan met beide arms aan,"het Van Coller gesê.
Rika, wat haar eie besigheid bedryf, sê die feit dat sy gekies is, is vir haar bittersoet met 'n bietjie suur gemeng. Sy sal geen inkomste verdien wanneer sy in die buiteland is nie en het daarom met 'n fondsinsamelingsveldtog begin om haar onkoste te dek.
"Ek het nooit aan dié tipe goed deelgeneem nie en dis nou my eerste jaar as 'n meester. Ek sal alles in my vermoë doen om dit te maak werk."
Indien lede van die publiek Rika wil ondersteun, kan sy op 083 395 4747 gekontak word.
VIDEO - Rika de Bruyn en Christine van Coller in Augustus by Tennistoernooi vir Meesters in Portugal.
Rika de Bruyn en Christine van Coller van die Hartenbos Tennisklub is gekies om aan die Meesters Wêreldbyeenkoms in Augustus in Portugal deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’