MOSSELBAAI TENNISNUUS - Hartenbos-tennisklub het onlangs hul algemene jaarvergadering gehou waartydens 'n nuwe bestuur verkies is.
Die nuwe bestuur is: Lucas Gelderblom (voorsitter), Anette Ferreira (ondervoorsitter), Veneta Claassen (tesourier), Lida Godijn (sekretaris), Adel Smuts, Johan Janse van Vuuren, Johannes Roux en Marieta Gelderblom (almal addisionele lede).
Die klub se ledetal het reeds noemenswaardig vermeerder na bykans 100 lede waarvan 10 nuwe lede onlangs aangesluit het.
Die klub spog met vier nuwe bane met die laaste twee hoofbane wat binnekort oorgedoen word. Hierdie bane word uit die klub se eie fondse gefinansier en ander verbeterings word ook in die nabye toekoms beplan.
Kompetisies
Verskeie kompetisies het onlangs plaasgevind, onder andere die besigheidsliga wat deur Laerskool Hartenbos aangebied is. Agt spanne het deelgeneem met vier lede per span.
Daar word ook verskeie sosiale toernooie vir die nabye toekoms beplan. Sosiale spel vind Woensdae en Saterdae vanaf 13:00 plaas. Besoekers is baie welkom.
Enige navrae kan gerig word aan Lida Godijn (082 553 8696) of Lucas Gelderblom (072 397 5739).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'