MOSSELBAAI TENNISNUUS - Hartenbos-tennisklub het vir 'n opskudding gesorg toe hulle A-span daarin geslaag het om die gemengde B-liga hierdie seisoen onoorwonne af te sluit.
Na wat verneem word is dit hulle eerste oorwinning in die gemengde-liga sedert hulle in 2012 aan die liga begin deelneem het.
Hulle het hul segetog op Saterdag, 27 Maart afgesluit toe hulle Mosselbaai se A-span in die finaal met 5-1 geklop het.
Die klub het twee spanne in hierdie afdeling ingeskryf met elke speler wat puik vertoon het.
Die A-span se oorwinning van 5-1 (10 stelle teen 5) weerspieël geensins die taai stryd wat dit was nie. Drie van die vyf wedstryde is deur Hartenbos ingepalm waarna die finale in die derde stel beklink is.
Hartenbos A-span se finale uitslae teen Mosselbaai is as volg (Hartenbos eerste genoem):
Bertus Terblance en Rika de Bruyn klop Willem Pretorius en Bernice du Plessis met 7-5 en 6-1;
Andro van Antwerp en Adel Smuts verloor teen Barend Barnardt en Maretha Fourie met 2-6 en 2-6;
Aubrey Nel en Alida klop Frank Laubser en Deline Henderson met 4-6, 7-5 en 6-3;
Bertus Terblance en Rika de Bruyn klop Barend Barnardt en Maretha Fourie met 6-4 en 6-3;
Andro van Antwerp en Adel Smuts klop Frank Laubser en Deline Henderson 2-6 / 6-3 / 6-2;
Aubrey Nel en Alida klop Willem Pretorius en Bernice du Plessis 3-6 / 6-0 / 6-1.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'