TENNISNUUS - Die Hartenbos-tennisklub het van Vrouedag gebruik gemaak om 32 vrouespelers plaaslik, en van so ver as Prins Albert en De Rust, op die hande te dra. Die nuutgekose voorsitter, Theo Pieterse, sê die vroue is ontvang met koffie, blomme en 'n geskenkpakkie met hul aankoms.
"Dit is die eerste keer dat ons so 'n dag aanbied en met die lekker weer kon ons nie vir beter vra nie."
Die tennisvroue is ook bederf met gratis strekterapie om seker te maak dat hulle litte lekker los is vir die tennis.
Eetgoed is deur die dag verskaf en die verrigtinge is afgesluit met 'n heerlike braai wat deur 'n paar manne behartig is. 'n Groot dankie gaan aan al die borge.
Strekoefeninge vir die moeë spiere, was een van die bederwe. Foto's: Veneta Claassen
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'