Video
TENNIS NUUS EN VIDEO - 'n Inwoner van George, Lizelle Fourie, het Suid-Afrika se naam hoog gehou tydens 'n internasionale tennistoernooi in Turkye. Fourie het onlangs na George teruggekeer nadat sy van 16 tot 23 Maart in Antalya saam met 'n Suid-Afrikaanse span deelgeneem het.
Negentien lande het hier meegeding, onder die lande was Italië, Australië en Japan.
Fourie het in die ouderdomsgroep vroue 50 tot 55 jaar deelgeneem. Die ouderdomsgroep het uit drie mans en drie dames bestaan. Suid-Afrika het uiteindelik in die 12de posisie klaargemaak.
Die SA groep het uit 32 spelers bestaan en daar is meegeding in vyf ouderdomsgroepe tussen 30 en 55 jaar.
Volgens Fourie was die mededinging baie hoog. Dit was nogal 'n uitdaging. In Suid-Afrika speel spelers grotendeels op hardebane terwyl hulle in Turkye op kleibane gespeel het. Kleibane is stadiger en spelers moet soveel fikser wees as hulle daarop speel.
Fourie het die toernooi in Turkye as 'n ondervinding van 'n leeftyd beskryf. Dit was die eerste keer dat sy Suid-Afrika in so 'n toernooi verteenwoordig het. "Dit het gevoel of ek op heilige grond loop. My deelname daar was 'n droom wat waar geword het. Dit was 'n groot eer om Suid-Afrika te verteenwoordig."
VIDEO: Inwoner verteenwoordig SA in buiteland
Fourie speel al vir jare tennis en is op die oomblik betrokke by afrigting by Great Tennis Academy.
Om Suid-Afrika te kon verteenwoordig moes sy deur 'n proses gaan om te kwalifiseer.
In Augustus het sy aan die OP senior-toernooi deelgeneem.
In Oktober verlede jaar het sy WP verteenwoordig by 'n interprovinsiale toernooie en in Desember het sy die Eden seniorvroue gewen.
Die Suid-Afrikaanse span by die toernooi in Turkye.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’