TENNISNUUS - Mosselbaai Tennisklub het as deel van die Mosselbaai Sportfees 'n suksesvolle toernooi aangebied.
Die toernooi is weens die weer met 'n week uitgestel en het toe op Saterdag, 14 Oktober, plaasgevind.
'n Totaal van 32 spelers van verskeie klubs in die Eden-distrik het die dag bygewoon - die heerlike weer het beslis bygedra tot die sukses van die dag, wat terdeë geniet is. Die organiseerder van die toernooi, Kowie Pretorius, sê die spelers teenwoordig was 'n klomp entoesiastiese mense bymekaar wat ware ambasadeurs van die sport is.
Die spelers is in drie groepe ingedeel en elkeen is met 'n prys huis toe vir hulle werk vir die dag. Pretorius het alle betrokkenes bedank vir hul bydraes.
Silwer medalje wenners, Maryna Olivier, Louis de Villiers, Aubrey Nel, Schalk Pienaar, Christene van Coller enRehnear van Coller.
Brons medalje wenners, Elana Alberts, Daan Spengler, Melanie Pavkovich, Pieter Badenhorst, Bertie Botha enHandré Meyer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’