TUINROETE DISTRIK TENNISNUUS - Die Eden-Suidspan van die Eden-tennisvereniging het die 2021-kompetisie om die Franklin-skild gewen toe hy Eden-Noord met 33 wedstryde teenoor 21 geklop, en daarmee die bordjies verhang het.
Die span van die Suide was verlede jaar ook die wenners.
In die stryd tussen die twee eersteligaspanne, het elke span 12 wedstryde ingepalm maar was die Noorde die wenners met 29 stelle teenoor 27.
Die Suide se tweedeligaspan het met 15-9 en 32 stelle teenoor 23 gewen.
In die afdeling vir senior mans was die Suide heeltemal te sterk vir die Noorde met 'n oorwinning van 6-0.
Die Franklin-skildkompetisie is 'n jaarlikse kompetisie wat gewoonlik vir uitstekende tennis sorg. Die skild is jare gelede geskenk deur 'n tennisliefhebber, ene Franklin van Herold, met die voorstel dat twee saamgestelde spanne van die streek daarvoor speel. Die voorsitter van Eden-tennis, Debra Hyde, het na die dag se wedstryde die spelers vir hul opoffering bedank, asook die Hartenbos-, Mosselbaai- en Klein-Brakrivier-tennisklubs vir die gebruik van hul fasiliteite en voorsiening van verversings.
"Dit was weer eens 'n baie geslaagde dag van goeie wedywering en puik kameraderie," het Hyde gesê.
Die eersteligaspanne wat aan die Franklinskild deelgeneem het. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'