MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-noordspan van die Eden-tennisvereniging het verlede Saterdag die jaarlikse Franklinskild-toernooi gewen toe hy Eden-suid met 27 wedstryde teenoor 19 geklop het.
Die noorde se eersteligaspan het die span van die suide oortuigend met 12-4 geklop, terwyl die stryd tussen die 2de-ligaspanne 'n meer gelykopstryd was met die noorde wat uiteindelik met 13-11 koning gekraai het.
In die afdeling vir senior mans was die suide die wenner met vier wedstryde teenoor twee.
Dié skild is jare gelede geskenk deur 'n tennisliefhebber, Franklin van Herold met die voorstel dat twee saamgestelde spanne van die streek daarvoor speel.
Die voorsitter van Eden-tennis, Debra Hyde, het na die dag se wedstryde die spelers vir hul opoffering bedank, asook die Hartenbos, Mosselbaai- en Klein Brak-tennisklubs vir die gebruik van hul fasiliteite en voorsiening van etes vir die spelers.
Die volledige uitslae is soos volg:
1ste Liga
- Noord 12 - Suid 4
Vroue
- Enkelspel : 2-2; Dubbelspel: 1-1
Mans
- Enkelspel: Noord 3 - Suid 1
- Dubbelspel: Noord 2 -Suid 0
- Gemengde dubbels: Noord 4 - Suid 0
2de Liga:
- Noord 13 - Suid 11; Vrouedubbels: Suid 5 - Noord 3; Mansdubbels: Noord 6 - Suid 2
- Gemengde dubbels: Noord 4 -4
Senior Mans
- Suid 4 - Noord 2
Die eersteligaspanne poseer vir 'n foto. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'