Gallery
TENNIS NUUS - Die eindstryde in Eden Tennis se gewilde Fritz Meissner-tennistoernooi is verlede Saterdag op die bane van die Wesbank-tennisklub beslis.
Jacques de Beer en Christine van Coller van Wesbank-tennisklub het as wenners van die A-afdelings uit die stryd getree nadat die twee spanne nie een van hul wedstryde die afgelope jaar verloor het nie.
FOTOGALERY: Eden Tennis se gewilde Fritz Meissner-tennistoernooi
In die B-afdeling was dit die spanne van Willem Pretorius en Elsabe Ferreira wat as wenners uit die stryd getree het.
Die span van Des Sampson het weer die 240-afdeling gewen terwyl die span van Gert Beyleveld die beker gewen het vir die span met die beste sportmangees. Behalwe die eindstryde, is die ander uit uitspeelwedstryde op die bane van Langenhoven Gimnasium gespeel.
Altesaam 25 spanne, 15 mans- en 10 vrouespanne (100 spelers), het vir vanjaar se kompetisie ingeskryf.
Die voorsitter van Eden Tennis, Debra Hyde, het Saterdag tydens die prysuitdeling haar dank uitgespreek teenoor die tennnisklubs en skole wat gedurende die jaar hul fasiliteite vir die wedstryde beskikbaar gestel het en ook 'n spesiale woord van dank aan die organiseerders, Ernst en Hanle Kok, sowel as die onderskeie kapteins gerig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’