MOSSELBAAI RUGBYNUUS - Op Brandwag se rugbyveld het twee vrouerugbyspanne dit behoorlik uitgespook die naweek.
Brandwag se MicFin Dolfins het egter die span van Heidelberg verpletter met 'n oorwinning van 44-0.
Veral Dolfins se sterk voorspelers het die skrums en lynstane vir Heidelberg bemoeilik. Die Heidelberg-skrum is telkemale van die bal weggestoot en Dolfins het geploeg met die besoekers.
Hoewel Heidelberg by tye die beste gebruik van gapings gemaak het, kon hulle nie die Dolfins se doellyn oorsteek nie. Beide spanne het met slegs 10 spelers gekompeteer omdat Heidelberg nie 'n volledige span gehad het nie.
Heidelberg se spelers het daarin geslaag om 'n paar keer deur te breek, maar kon nie punte aanteken nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'