RUGBYNUUS - Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Arende rugbyspan, is vroëer vanmiddag behoorlik deur die Valke in die eindstryd van die Mzansi-liga afgeransel.
Die voormalige Oos-Transvalers het die Suid-Kapenaars met 55-38 met die kous oor die kop huistoe gestuur.
Soos die telling aandui, was die verdediging aan beide kante in die Barnard Stadion op Kemptonpark aan die skraps kant.
Anton Moolman, afrigter van die Arende, was nie direk na die wedstryd vir kommentaar beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’