RUGBY NUUS - Mosselbaai Titans het tydens 'n onlangse Kusstreek tuis-ligawedstryd gewys wie is baas toe hulle die Proteas van Ruiterbos met 38 teenoor 12 geklop het.
Hierdie was Titans se negende agtereenvolgende oorwinning en maak van hulle die voorlopers in hul liga.
Met hierdie sege dring Titans dan nou deur na die kwart eindronde wat later vanjaar gespeel word.
Mosselbaai Titans bedank hul borge wat geleenthede soos hierdie vir hul moontlik maak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'