MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Titans het vriend en vyand verras toe hulle die afgelope naweek in die Presidentsliga vir klubspanne in die Suidwestelike Distrikte (SWD) vir Riversdal Dorp ore aangesit het.
In 'n naelbytstryd het die Titans hulle nie laat afskrik deur groot name én die tweede posisie wat hul opponent op die punteleer beklee nie.
Van meet af aan het die Titans 'n houvas op die wedstryd verkry met twee vinnige drieë, maar die Dallers het gou teruggeslaan en selfs die voortou in die tweede helfte geneem.
Met 'n tweede asem het die Titans egter teruggekom met nog twee doele teen die einde om dié wedstryd met 31-25 te beklink.
In die wedstryd tussen die tweede spanne was Titans ook in nog 'n naelbytstryd met 27-24 baas.
Dat dié Mosselbaaise span dopgehou moet word, is nie te betwyfel nie. Die volgende wedstryd teen Bitou van Plettenbergbaai sal met groot belangstelling gevolg word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’