MOSSELBAAI RUGBY NUUS - Mosselbaai Titans het Saterdag in 'n taai rugbywedstryd daarin geslaag om 'n begeesterde Perseverance van korrektiewe dienste met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Selfs die kusstreekligavoorsitter, Peter Witbooi en sy bestuur wat spesiaal na hierdie wedstryd kom kyk het, moes toegee dat Titans 'n belowende span met baie talent is.
Titans wen hierdie stryd met 22 - 19. Dit was ook hul laaste ligawedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'