MOSSELBAAI NUUS - 'n Klipharde rugbywedstryd het Saterdag tussen Mosselbaai Titans en Perseverance, 'n span van korrektiewe dienste, op die Uitbreiding 23-sportvelde plaasgevind.
Titans het tydens hierdie titaniese stryd gewen met 'n bonuspunt. Titans het vier drieë gedruk teenoor die twee van Perseverance.
Die puntemakers hier was Kurtly Arends, Jeraldo Kannemeyer, Shaun London en Lee Roy Booisen. Kurtly Arends kry die welverdiende benoeming as speler van die wedstryd.
Die eindtelling was 31 in die guns van Titans en Perseverance, 23.
'n Triomfantlike Titans het hulle teenstanders gewen. Ook saam met hulle op die foto is raadslede Rosina Ruiters (links) en Niklaas Booisen (regs).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'