MOSSELBAAI NUUS - In 'n harde en genadelose vriendskaplike rugbywedstryd tussen Mosselbaai Titans en Hungry Lions op 19 Maart, waar niks gevra of gegee is nie, het Titans se A- en B-span vir Hungry Lions ore aangesit.
Die Hungry Lions is van Klein-Brakrivier en die Titans, een van Mosselbaai se spanne. Die wedstryd het op Klein-Brakrivier plaasgevind.
Wat hierdie uitslae interessant maak is dat Titans in die laer liga meeding op kustreekvlak en die Hungry Lions in die presidentsliga.
Uitslae
- A-spanne: Titans 22 - Hungry Lions 14
- B-spanne: Titans 29 - Hungry Lions 5
Die Mosselbaai Titans-span.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'